Op Sondag 18 April 2021 is die ikoniese Mostert se meul in ‘n brand wat op Tafelberg ontstaan het, verwoes. Dit was die laaste werkende van sy soort in Suid-Afrika.
Moster se Meul is in 1796 opgerig as 'n plaaswindpomp op wat eens bekend gestaan het as die Welgelegenplaas. Die Welgelegenplaas teen die laer hange van Duiwelspiek is oorspronklik aan vryburger, Steven Jansz Botma, toegeken. Teen 1756 was dit die eiendom van Jacob van Reenen. Sy seun, Gysbert van Reenen, erf die plaas Welgelegen aan die einde van die eeu. Die jaartal 1796 verskyn op een van die balke en Gysbert het moontlik die klein plaaswindmeul laat bou. Op sy beurt verkoop Gysbert die plaas aan sy skoonseun, Sybrand Jacobus Mostert, wat op 27 Desember 1818 met sy dogter, Johanna Petronella van Reenen getroud is. Die meul is na Sybrand Mostert vernoem.
Windpompe wat aan die Kaap gebou is,is dikwels deur die sterk wind beskadig. Mostert se Meul het egter die toets van tyd weerstaan. Daar is sprake dat die historiese landmark herstel sal word met die hulp van die Kaapstad Erfenistrust