Geskryf deur: Danielle Kleyn
Hoeveel van hierdie feite het jy geweet?
- Die Kasteel van Goeie Hoop in Kaapstad is die oudste gebou in Suid-Afrika en is tussen 1666 en 1679 gebou.
- Die Gauteng provinsie is Suid-Afrika se kleinste provinsie maar is verantwoordelik vir 34% van Suid-Afrika se BBP.
- JRR Tolkien, die skrywer van die bekende Lord of the Rings boeke, is in Bloemfontein gebore.
- Die Bloukransbrug in die Wes-Kaap (216m) spog met die hoogste kommersiële reksprong ligging in die wêreld.
- Suid-Afrika beskik oor 10 UNESCO wêrelderfenisgebiede, naamlik die iSimangaliso- vleilandpark, Robbeneiland, die Wieg van die Mensdom, die uKhahlamba Drakensbergpark, Mapungubwe, die Vredefortkoepel, Die Richtersveld kulturele landskap, die Khomani-kulturele landskap, die Maloti-Drakensberg Park en die Kaapse Fynbosstreek.
- Tafelberg is een van die oudste berge in die wêreld.
- Die 850km pad deur die Kaapse Wynland is die wêreld se grootste wynroete.
- Die wêreld se grootste diamant is in die Premiermyn gevind en het “Cullinan” geheet. Die diamant is vernoem na die eienaar van hierdie myn.
- Sutherland in die Karoo huisves een van die drie grootste teleskope in die wêreld.
- Daar word gesê dat Johannesburg met sy ongeveer ses miljoen bome, die wêreld se grootste mensgemaakte woud is.