Refund policy
Jy is vir ons soos familie. Indien jou produk beskadig is sal ons dit op ons koste vir jou omruil, indien:
- Jy ons daarvan in kennis stel binne 7 dae van jou aankoop;
- Die produk in sy oorspronklike verpakking is;
- Die produk ongebruik en in dieselfde toestand is waarin jy dit ontvang het.
Indien jou produk in tip-top toestand is maar jy van plan verander het, of jy wil ’n ander grootte of kleur hê – dan ontmoet ons jou halfpad. Jy gaan op jou eie koste die produk aan ons moet terugstuur of aflewer. Ons sal op ons kostes die produk weer by jou aflaai. Verder geld dieselfde voorwaardes, naamlik dat jy ons daarvan in kennis moet stel binne 7 dae van jou aankoop en die produk in sy oorspronklike toestand moet wees. Indien jy jou pakkie vir 'n tweede maal wil omruil, is jy verantwoordelik vir die koerierkoste.
Indien jy nie die produk wil omruil nie sal jy versoek word om die produk aan Republk terug te stuur op jou eie koste. Sodra die produk ontvang word en die produk ongebruik is, sal jou betaling per EFT aan jou terugbetaal word.
Vir internasionale bestellings is alle terugstuur of vervangingsfooie die verantwoordelikheid van die kliënt.
Vir enige navrae of indien jy nie jou opspoornommer ontvang het nie, kan jy 'n e-pos stuur na aanlyn@republk.co.za.