Shipping policy

Soos ’n goed-geoefende posduif poog Republk om standaard plaaslike bestellings binne 1-3 werksdae by jou deur af te laai, indien produkte in voorraad is. Let wel dat in buitengewone situasies die aflewering langer kan neem. Koerierkoste hang af van waar jy woon, en is meestal tussen R75 - R120. Indien jou pakkie se volumetriese grootte meer is as 5kg kan die koerierkoste meer as R120 wees, afhangend of die afleweringsadres 'n hoofsentrum is. Indien jy ingeteken het vir 'n subskripsie is die koerierkostes gratis. Vir enige navrae of indien jy nie jou opspoornommer ontvang het nie, kan jy 'n e-pos stuur na aanlyn@republk.co.za.

Alle internasionale versendings word deur Aramex gekoerier en ’n vaste koste van R800 word gehef vir pakkies tot 5kg in volumetriese grootte en R1300 vir pakkies tot 10kg. Vir pakkies wat swaarder is as dit kan ’n bykomende kwotasie gestuur word vir bykomende koerierkostes, afhangende van die eindbestemming.

Let wel dat daar kan ook plaaslike doeane-fooie betaalbaar wees in die land waar jy woon en is buite die beheer van Republk