Rosélle du Plessis het onlangs by Republk Barbier aangesluit. Sy sal tussen die Randsteam in Richmond, Jhb en die Jean Crossing tak in Centurion beweeg.
In 2016 begin sy haar reis om ‘n haarkapper te word by La Louve Private Hair Academy in Pretoria, waar sy só goed vaar dat sy haar vakleerlingskap ook by bogenoemde instelling kon doen (’n massiewe eer omdat slegs die top studente ingeneem word as vakleerders).
In November 2017 was Roselle een van ses finaliste in die Twincare “Hairstylist of the Year”- kompetisie. Sy voltooi in Desember 2017 haar praktiese ure as vakleerder en sluit voltyds aan by The Federation in Midrand as ‘n stillis. In 2018 het sy haar internasionale kwalifisering eksamen deur City and Guilds geslaag. Roselle vertel dat sy vereenselwig met die woorde van Leen en Bertus van Schorem dat barbierwerk ‘n verlore kuns is. Die kuns is die rede waarom sy ‘n barbier geword het. Rosélle vertel dat sy op haar gelukkigste is wanneer sy haar handewerk kan bewonder.
Republk Barbier is 'n trotse verlenging van die Republk-handelsnaam en uitgesoekte Republk produkte is ook by Republk Barbier te koop.
Geskryf deur Danielle Kleyn