Ysterberg Vellies

Regular Price
R 745.00
Sale Price
R 745.00
Regular Price
Sold Out
Unit Price
Translation missing: af.general.accessibility.unit_price_separator 

Grootte: 7

'n Vellie wat weet van harde werk, van stof afvee, van vêr loop en van Afrika-son. Dié vellie is jou metgesel, deur duk en dun, soos 'n getroue ou hond wat jou help kop bo water hou op die taaiste dae. Republk se Ysterberg Vellies is handgemaak in Pretoria, 100% leer en is met 'n duk rubbersool gemaak - vir ordentlike vastrapplek. Trek jou Ysterbergers nader vir 'n staptog deur die Blyderivierspoort of die Fanie Botha, of vat hulle uit op Kirkhill of die Quthing vallei se 4x4 roetes. As 'n laaste alternatief, stof jou Ysterbergers af vir daaglikse gebruik in die kantoor, selfs al help dit jou net om die natuur se roep te hoor.